du Toit, Wynand


Judasbok – verraad ter wille van oorlewing

ISBN: 978-1-928327-77-6

A5, 204p. R300

In Mei 1985 land ‘n nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte op ‘n strand in die olieryke Cabinda-provinsie van Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangeneming van kaptein Wynand du Toit. Dit alles dui op een ding : Verraad!

Lees hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaand nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uitein­delike afleiding dat die hele operasie slegs ‘n opening­skuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.

Judasbok beloof om die leser op ‘n ongelooflike intense er­varing te neem en ‘n indiepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het en wat aanleiding daartoe gegee het dat Wynand du Toit ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.


Judas Goat – betrayel for the sake of survival

ISBN: 978-1-928349-52-5

A5, 207p. R300

During May 1985, a South African Special Forces Team, consisting of nine operators, landed on a beach in the oil-rich province of Cabinda in Angola. Their target was the six massive oil-storage tanks. The subsequent fire fight led to the death of two soldiers and the capture of Captain Wynand du Toit. This meant only one thing: Betrayal!

Read in his own words of this harrowing experience and the pain of his incarceration, the happenings behind the scenes and the realization that this was just an opening move that would eventually mislead the South African population to end the war in Angola and the independence of Namibia.

Judas Goat promises to take the reader on an unbelievable journey of hardship, suffering and betrayal. This eventually results in Wynand du Toit becoming a household name in South Africa.

 


Josefskleed – stryd om te oorleef

ISBN: 978-1-928349-83-9

A5, 196p. R300

Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N’Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek.

Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukke van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola.

Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer ‘n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteraan-soldate misbruik, misken, en verstoot is. As vergete slagoggers van die destydse Kodesa-samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermoë om in die nuwe Suid-Afrika aan te pas ‘n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika.

Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker put waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militêre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree-pakette.

Dit bly ‘n ope vraag: was dit nie juis diegene wat bereid was om die grense van lojaliteit oor te steek wat die werklike helde was en die land van ‘n bloedige burgeroorlog gered het nie?


S-98

ISBN: 978-1-928405-03-0

A5, 208p. R320

‘n Hoëspoed verhaal wat die leser vanaf die ysige vlaktes van Oos-Siberia na die tropiese waters van Angola neem; van beraadslaging oor staatsveiligheid tot persoonlike verhoudings; van spioenasie en intriges tot die gevegsintervlak. Geplaas in ‘n tydperk waarin allerlei slinkse transaksies en heimlike operasies uitgevoer is, word ons deur die skrywer herinner dat ‘Hierdie boek is ‘n werk van fiksie’ – derhalwe dus, dit het nie plaasgevind nie. Nietemin, soos die spreekwoord sê: ‘The truth is stranger than fiction because fiction has to make sense’, en dus kan die leser verskoon word indien hy vir homself vra of hierdie dan niekon plaasgevind het nie. Vir diegene wat nog nie die binnekant van ‘n duikboot geruik het na 30 dae op see nie – welkom; en vir diegene wat het – Welkom terug!”

Skout Admiraal Steve Stead, SM, MMM, SA Vloot (afgetree)

 


Long lost grave

ISBN: 978-1-928405-28-3

A5, 314p. R320

When freelance journalist Robert du Bois went into the Tsitsikamma forest in search of the famous Knysna elephants, he got considerably more than he had bargained for…

With the aid of the tempestuous ranger Cathy Moore, the search took them from the rain forest to the ocean, facing man-eating sharks and the greed of ruthless men…

Written thirty years ago by South Africa’s most famous prisoner-of-war Captain Wynand du Toit while in detention, the story depicts his yearning for freedom and how he “escaped” the confines of his prison walls.

Subjected to the scrutiny of his Cuban captors, he had to steer carefully away from the military to avoid further questions and interrogation. Hence the adventure into the beauty of the Tsitsikamma Forests on the south-eastern coast of South Africa.


Destiny

ISBN: 978-1-928405-55-9

A5, 270p. R320

From the strong running currents of the Cunene River to the early morning dawn over Cassinga, this book tells the story of a South African Special Forces officer’s dedication to his cause.

The rivalry between Captain Tom MacLachlan and Timothy Shikongo, commander of SWAPO’s Special Units, takes the reader on a journey through the Angolan Bush war where no mercy was given or taken with the harsh reality of their destinies: kill or be killed.

When a female doctor was abducted by Mamba as part of a grand betrayal, it was Tango Mike who followed the trail. The scene was set for a terrific battle between two top military opponents with no clear outcome.

There was only one parallel: they were both soldiers.

 


Pelindaba Protokol

ISBN: 978-1-928434-81-8

A5, 299p. R320

Die asem van Allah

Allah’s Breath…

In 1991 rapporteer doktor Joseph Opperman aan staatspresident FW de Klerk dat Suid-Afrika se kernarsenaal vernietig is. Vyf-en-twintig jaar later word Opperman vermoor. Die gru-moord plaas die ondersoekers op die spoor van die Pelindaba Protokol.

Johannes Moller en Aleana Opperman, beide agente van verskillende inligtings organisasies, smee kragte saam met adjudant Jabu Mkize van die Valke in ‘n wedloop om die bes bewaarde geheim in Suid-Afrika te ontrafel. Die bloedspoor van die Jihadiste lei hulle in ‘n verbete stryd om te verhoed dat die geheim van die protokol, in die hande van ekstremiste val.

Inam ul Haq, leier van die ekstremiste groep Al’ aswad al’ Afriqiu, is toenemend vasbeslote om die gehate Infadel te vernietig in die heilige oorlog in Sirië en Irak. Vanuit Istanbul tot die Kalahari, oor Rottnest eiland in Australë tot ‘n skeepsvraghouer vol ivoor in Maputo, beloof dié spanningsverhaal om die leser te bind, van begin tot einde.


Soldaat

ISBN: 978-1-928456-73-5

A5, 290p. R320

Nasionale Diensplig.

Die grensoorlog is aan die gang en elke agtienjarige ontvang sy oproepinstruksies met gemengde gevoelens van opgewondenheid en vrees. Kinders wat aanmeld vir diens aan die land, en wat terugkeer as geharde oorlogsveterane. Die verhaal wat elkeen van ons ken.

Hierdie verhaal sal elke oorlogsveteraan terugvoer na die verlede om soete herinneringe van swaarkry en saamstaan te herleef. Selfs die wat nie daar was nie, sal die stof, sweet en swaarkry beleef, saam met die karakters deur basies en verdere opleiding swoeg en angstig die soldate na die grens volg.

’n Moet-lees vir elkeen wat daar was, en vir die wat wil weet hoe dit was.

“Na drie broers op die grens weet ek nou vir die eerste keer hoe dit moes wees. Skitterend! Wynand se beste boek nog!” – Ebeth Shone


Kaplyn

ISBN: 978-1-928499-59-6

A5, 308p. R320

Waar ons weer ontmoet. Nasionale Diensplig vervolg …

Die karakters van Soldaat leef voort. Hierdie keer groepeer die jong soldate by 1 Valskermbataljon. Die PT-kursus is straf en nie almal maak die keuring en springfase nie. Boonop wag daar groter uitdagings en opofferings aan die grens …

Die verhaal maak ’n paar verrassende draaie wat nie aan die leser onbekend sal wees nie. Soos dit maar met elke ontplooiing was, verloop weinig dinge soos beplan.

Volg die soldate van 1 Valskermbataljon en die Berede Eenheid deur hul passies, en herleef al die swaarkry, sweet en opofferinge van die dienspligtiges en hul jong leiergroep.

Hierdie opvolg van die top verkoper Soldaat beloof om die leser weereens op ’n nostalgiese reis te neem van wat was, en wat kon wees.

Op die dag, soos dit was …

“Na drie broers op die grens weet ek nou vir die eerste keer hoe dit moes wees. Skitterend! Wynand se beste boek nog!” – Ebeth Shone


Kompas

ISBN: 978-1-776220-55-7

A5, 314p. R340

Uithou en aanhou.  Vasbyt!

Dit was menige jong soldaat se droom om ‘n operateur in die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte te word.  Dit was egter nie elkeen beskore nie, maar slegs daardie klein persentasie van manne wat instaat was om diep in die reserwes te delf en wat die sielkundige uitdaging van aanhou en aanhou kon oorkom.

Die karakters van Soldaat en Kaplyn wil deel van hierdie elite word.  Beleef hul beproewings en swaarkry, die genadeloosheid van die Recce instrukteurs tot by die ontnugtiging dat die keuring en opleiding makliker was as die uitvoering van die meeste van hul operasies.

Die lief en leed van kaptein Christo Koch en sy makkers speel af by 4 Verkenningsregiment in Langebaan, en beloof om die leser op ‘n interessante reis deur die harde opleiding en uitdagende operasies van die groepie Recces te neem.

Die skrywer was self ‘n operateur in 4 Verkenningsregiment tot en met sy gevangeneming in Angola tydens operasie Argon.

 


Argon

ISBN: 978-1-991245-89-2

A5, 388p. R350

Op die nag van 21 Mei 1985 infiltreer ʼn nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte die olie-tenkplaas by Malongo, Cabinda. In die daaropvolgende kontak met Angolese magte word kaptein Wynand du Toit gewond en gevange geneem. Twee van sy makkers sneuwel. Hierdie mislukte aanval op Malongo stuur skokgolwe deur die wêreld. Die VSA kondig aan dat hulle hul veto-stem ten gunste van Suid-Afrika in die VN se Veiligheidsraad onttrek. President P. W. Botha verloor sy enigste steun en bondgenoot in die VN.

Was dit die begin van die einde van die Nasionale Party regering? So beplan? In Argon word die storie van Wynand du Toit vertel, van sy nagmerrie ervaring in gevangeneskap, die Brazzaville Protokol en die verlope daarna. ʼn Verhaal van verraad en uitbuiting, misleiding en valshede. ’n Lewe van voorbereiding vir die grootste taak wat voorlê, die oorlewing van ons volk.