Posthumus, Erich


Ons Huis Geloof

ISBN: 978-1-928202-80-6

A5, 284p. R180

Dit is my begeerte dat hierdie boek gesinne sal help om weer nader aan God en mekaar te beweeg. Die meeste van ons se grootste vyand is dat ons te besig is (busyness). Miljoene mense is in ‘n maalstroom van besigwees vasgevang en jaag moedeloos en oorwerk van afspraak na afspraak.

Ons het nodig om te ontdek wat regtig waardevol is. Ons moet leer om hierdie kosbare waardes na te jaag en die tyd uit te koop om ons geliefdes op te bou en te koester.

Deur die loop van meer as agtien jaar in kinder- en jeugbediening het Erich en sy vrou, Lizette Posthumus, tendense in die lewens van duisende gebroke kinders begin raaksien. Hulle het besef dat daar opgetree moet word. Erich het besluit om ‘n boek te skryf wat ouers help om heel te word en hulle kinders as wenners vir die Here groot te maak. Hierdie boek is propvol Bybelse wyshede, nuwe idees en maklik uitvoerbare aktiwiteite.