Welkom aan almal betrokke by Boekwinkels!

Hiermee die geselekteerde boeke van skrywers wat as self-uitgewers hulle boeke publiseer. In die regterkantste kolom is die boeke volgens skrywers alfabeties gesorteer. Groep 7 Drukkers se professionele span verseker die kwaliteit van voorbereiding en druk van boeke. Plaas asb. bestellings per epos aan Mona Gouws by epos@groep7.co.za.
Indien u nog nie as boekhandelaar geregistreer is nie, epos asb. die volgende inligting aan Ilette Strydom by epos@groep7.co.za: Boekwinkel naam, Registrasienommer, Kontakpersoon, Epos adres, Volledige straat adres en Kontaknommer.

Ooreenkoms in ‘n neutedop

  1. Bestellings deur boekwinkels word slegs vanaf hierdie lys aanvaar.
  2. Afslag vir boekwinkels is 45%.
  3. Op bestellings van minder as 5 boeke word koerierkoste gehef.
  4. Aanvraag vir kredietnota op foutiewe boeke moet binne 7 dae na ontvangs van betrokke bestelling geskied.
  5. Met elke bestelling van 10+ boeke, ontvang die boekwinkel ‘n gratis boek van ons keuse uit hierdie geselekteerde lys.